Afrikaner Sondebok Hans van Rensburg, ‘n resensie dear Geoff Olivier..

Afrikaner Sondebok Hans van Rensburg

Daar is geen rede eintlik waarom Hans van Rensburg nie tot een van die Afrikaner helde nie verhoog kon word nie, as dit nie vir die verdeeltheid onder Afrikaner nasionaliste en ander politici en leiers was vanaf die einde van die Suid-Afrikaanse Oorlog of Boereoorlog soos partykeer genoem nie. Dit is sy eie mense, onder wie Dr. D.F. Malan en ander ook, wat telkemals die tapyt onder hom uitgetrek het. Alhoewel, dit ook sy eie keuses was wat hom partykeer gekwes het.

Min het ons op skool of inteendeel, ooit, van hom gehoor van ons leeraars. Baie het probeer om hom uit ons geskiedenis uit te probeer skryf. Van sy eie metgeselle het hom baie keer afgeskryf. Maar, Hans van Rensburg was ‘n imposeerende man, saggeaard sowel as goedgeaard. Lank van gebou en ‘n charismatiese man. Niemand kon hom dit beroof nie.

Albert Blake, wie hierdie boek geskryf het

Miskien het hy sy eie politiese graf gegrawe omdat hy nie ‘n volger was van die tiepiese Afrikaner wat gesoek het vir ‘n nuwe rebubliek nie. Hy wou nie deur die stem, ‘n republiek bereik nie, maar deur mag en daad. Hy was ‘n nasionalis.

Die boek stryk deur sy lewe van sy kinderdae af en hoe sy voorouers en sy ouers ook nie heeltemal by die tipiese Afrikanerheid van sy tyd ingepas het nie. Hy het vlot Engels gepraat en in 1914 by die regeringstroepe as 16-jarige seun saam met sy pa die Slag van Mushroom Valley beleef en die gesig sou hom vir sy hele lewe lank volg. Dit was die geweld en die dood van mede Afrikaners. Hy het die Britse Empire bygestaan op hierdie tydstip en van sy mede Afrikaners het hom telkens beskuldig dat hy die Afrikanerideale wou vernietig en ook dat hy ‘n ‘joiner’ was of Smuts bygestaan het..

Ossewa Brandwag Ongebruikte Koevert

As leier van die Ossewabrandwag, het hy ook telkens van sy eie Brandwagters en Stormjaers opdraand gekry. Hy het partykeer die OB Tereurgroep bygestaan en op ander nie. Dat hy ‘n Nasionalis was, is goedbekend, maar in hierdie biografie sal ons uitvind of hy ‘n Nasionale-sosialis was, ‘n Nazi, of ‘n pure uit en uit ‘n Nazi en Hitler ondersteuner was.

Van een ding is daar min om te twyfel. Hans van Rensburg was ‘n ware Afrikaner wat deur sy lewe aanhou soek het vir daardie plek in ons Afrikaner en Suid-Afrikaanse geskiedenis en telkemaals van rigting moes verander op daardie soek. Dat hy veel bygedra het vir Malan se 1948 oorwinning is daar geen twyfel. Dat hy een van die argitekte en voorlopers van apartheidsbeleid was, is ook sonder twyfel, maar hy was ‘n man wat goedgeaard was teenoor die anderskleuriges, soos vertel is deur sy jarelange werker Christiaan wat by sy graf gestaan het by sy begrafnis as ook sy werk in die Ooskaap vir die Malan regering in die vyftigerjare. Maar, het hy sy eintlike politieke hoogte bereik of nie?

Hans van Rensburg

Hans van Rensburg was ‘n enigmatiese man, maar is ook as ‘n tragiese Afrikaner partykeer afgeskryf, maar nooit heeltemal nie. Die groot vraag bly nog altyd om hom te beskryf as ‘n Nazi of net ‘n Nasionale-sosialis. Hierdie volledige boek oor JHJ ‘Hans’ van Rensburg , deur Albert Blake, laat julle toe om dit vir julself te probeer vind of uitwerk of nie.

Geoff Olivier, my broer en afgetrede Afrikaans en Geskiedenis Onderwyser

Uitgegee deur Jonathan Ball Uitgewers

Lees meer oor Jonathan Ball Uitgewers – KLIEK HIER

signature
February 2nd, 2022|Categories: Michael's Writings|Tags: Afrikaner Sondebok, Albert Blake, , Hans van Rensburg, Jonathan Ball Uitgewers, Ossewa Brandwag|

Share This Story, Choose Your Platform

FacebookTwitter